Music blog posts


Wednesday, 6 January 2016

Sing!

life, music
Hoe besonders is dit nie dat 'om te sing' of 'om na musiek te luister' altyd met lofprysing en aanbidding saamgaan nie?

Orals in die Psalms word daar gesê: “Sing tot eer van die Here; Sing lofgesange en prysliedere; Uit dankbaarheid dank ek Hom met my lied; Die Naam van die Here wil ek besing!“
Dit is asof sang en musiek 'n kernkomponent van geloof vorm - maak en waardeer musiek of jy kan sing of nie!

Ek dink dit is omdat musiek 'n mens op 'n emosionele vlak aanraak, jou help om te sê wat jy nie andersins in woorde kan omskryf nie. Vir eeue lank gebruik die mens musiek om sy 'ware self' aan ander te kommunikeer.
God wil hê ons moet hierdie metode van sang en musiek gebruik om ook ons dankbaarheid en eer aan Hom te bring. Hy sê as'tware “… wys My hoe dankbaar jy is … laat ek hoor hoe lief jy My het … Sing! Ten spyte van seer en bekommernis en onregverdigheid, sing tot My eer! SING! “

Ps 28:7 "My hart is vol vreugde, daarom dank ek Hom met my lied."

Die ou slagspreuk lui dat waarvan die hart vol is, loop die mond van oor:) Liedere, musiek en sang bring hierdie vreugde in Christus tot op 'n heeltemal nuwe vlak. Ek dink dis hoekom ek so lief is vir groepsang, want dan ervaar ek nie net die vreugde op my eie nie, ek deel dit met ander. Is dit nie wat Christus bedoel het toe Hy die kerk 'n Liggaam genoem het nie? Beweeg, eet, drink, werk en sing saam… SAAM.

Mag jou vol vreugdeshart in 2016 op baie plekke en maniere oorloop in 'n harmonie van klank tot Sy eer!
Oliviers Kersfees 2015
Oliviers Kersfees 2015

Monday, 21 December 2015

Die mooiste storie ooit vertel

music
Ek is onlangs blootgestel aan Sally DeFord se musiek (www.defordmusic.com). Sy skryf so uit haar gelowige hart uit. Een van haar gewildste liedjies "The most beautiful story that's ever been told" het hierdie jaar my Kerssangdiens gunsteling geword. Met pragtige Afrikaanse woorde het ek gevind dat dit die storie van Jesus se koms na hierdie wêreld perfek saamgevat het.

Ek het hierdie liedjie gesing by die NGK Bettiesbaai se Kerssangdiens gister. Die enigste getuienis wat ek kan aflê is dat God so getrou is. Die boodskap het mense weereens bereik en die reaksie was oorweldigend…

Een van die gemeentelede, Gert Pretorius, skryf in 'n WhatsApp boodskap aan my:

"Ek wil nog 'n slag dankie sê. Ek het so uitgesien na die Kerssangdiens, gewens en gebid dat dit 'n EREdiens moet wees. En dit was. En saam met die 2 mans langs jou wat met vervoering op die gesigte na jou toe gedraai het om te luister, sê ek dankie vir die trane wat jy in my losgesing het. Die Sielkunde-prof van Unisa, Wilhelm Jordaan, het 'n artikel geskryf oor waarom die goed van God ons laat huil: omdat die gaping tussen ons tekorte en God se suiwerheid, soos ons dit in mooi sang hoor, ons so diep tref."

Baie dankie aan Marianne Gouws wat ons almal bymekaar gebring het, ons laat oefen het en met 'n pragtige oop en liefdevolle gesindheid begelei het. Dankie aan my medesangers en instrumentaliste (sien groepfoto onder). Dit was 'n vreugde om saam met julle musiek te maak tot eer van ons Vader. Ek hoop ons kan dit sommer gou weer doen.

"Dis 'n storie gevul met die wonder van God en die hemelse glorie en liefde en krag. Luister mooi en onthou dit waar jy ook mag gaan. Dis die mooiste verhaal wat daarooit sal bestaan."
Die mooiste storie ooit - foto

Wednesday, 25 November 2015

Kersfees kom, Kersfees kom

music
"Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer!
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land o Heer"

Kersfees is my gunsteling tyd van die jaar. Almal is net bietjie vriendeliker, bietjie meer geduldig en wys meer liefde teenoor mekaar. In die kerk, waar ons as 'n gemeenskap van gelowiges saam is, wys ons hierdie 'samesyn' deur te sing!

En hoe lekker het ons nie by die NGK Proteahoogte se jaarlikse Kerssangdiens gesing nie! 'n Koperblaas ensemble het ons begelei; dit gee net 'oemf' aan die sang. Die gemeente het in groot getalle opgedaag en die sanggroep het ons met pragtige stemme en trekklavier gelei!

Baie dankie aan Siegfried en Jonathan wat saam met my opgetree het. Dit was so lekker om saam tot eer van die Een waar die talent vandaan kom, musiek te maak.

Geniet die fotos!
Kontak my gerus vir ander optredes by hello@talitaolivier.com
Jonathan, Talita en Sieg
Ek en my mamma

Thursday, 5 November 2015

Kingsmore and more

music

Whenever I've dealt with the Kingsmore Choristers, I've always been amazed at their generosity and kind spirit, not to mention their enchanting voices!

They did not disappoint this time around either. It was an honour to be invited to sing on Sunday, 1st of November at the Hugo Lambrechts Auditorium. I was very impressed with the quality of the music performed there and how young some of the performers were. Let no-one ever tell you that we do not have talent in South Africa!

Thank you to all involved and especially to Linda Claassen for letting me sing with the City of Tygerberg Choir and to Elizabeth Retief for the accompaniment of my solos.

The young lady in the photo, approached me after the concert and whispered in my ear: "I saw you on stage!" - she stole my heart. Please will her mommy let me know her name so that I can send her a big thank you.

Also enjoy the pic's and comment below this post (here on my site) on your favourite moment in the concert!

To book me for a singing event please contact me on hello@talitaolivier.com


Monday, 26 October 2015

Lekker Afrikaans oppie veld

music
Ai, dit was nou lekker! Die sonnetjie wat sak oor Tafelberg en die windjie wat net min genoeg waai. Heerlike ou bekende en nuwe gunstelinge uit die Afrikaanse genre om saam met vriende en die talentvolle kinders van die Hoerskool Tygerberg te sing! Dit was Afrikaans opppie veld - die Tiere se jaarlikse piekniek-styl musiekaand, waar almal 'n bietjie op die rugbyveld kon uitspan en luister hoe die Tiere musiek maak.

Ek was self 'n Tier, 'n hele paar jare gelede:), en mens kan nie anders as om regtig trots te wees op die wonderlike energie en talent nie – om nie eers van die vernuf en grasie waarmee hierdie geleentheid georganiseer was, te praat nie. Daarvoor moet ek vir Barend van der Westhuizen uitsonder. Dankie vir die keuse van musiek en die manier waarop jy die program bymekaar gesit het.
Dankie aan ieder en elk wat die aand ondersteun het. Dit is soveel lekkerder om vir 'n groot skare te sing en elkeen wat in die "sandput" opgetree het sal met my saamstem.

Geniet die fotos en “sound clip”! "Like" dit gerus of lewer kommentaar. Alle fotos geneem deur Gert Olivier. Kontak my gerus as jy van die fotos wil hê.

'n Snit van "Blou" gesing deur my en Barend
Elizabeth Retief, Barend van der Westhuizen en ek:)

Wednesday, 14 October 2015

Afrikaans Oppie Veld

music
Bring jou piekniekmandjie en kombers en kom geniet Afrikaanse musiek op die veld by Hoërskool Tygerberg.
Afrikaans Oppie Veld

Wednesday, 29 July 2015

Stellenbosch Troubadours

music
Wat 'n wonderlike ervaring het ek nie laas Woensdag gehad nie!

Ek is deur my Zentangle® kunsonderwyser genooi om by haar musiekvereniging to kom sing op Stellenbosch. Ek het eers met die opdaag besef dat dit net 'n klomp dames is in die groep. Dit was so 'n lekker verassing!

Ek sing self mos in 'n dames a capella band, 8 Misses Croon. Dit was so wonderlik om te sien hoe hierdie dames hulle liefde en talente vir musiek lewendig hou deur een keer 'n maand bymekaar te kom. Daar was 'n tannie van 93! Sy was professionele pianis op haar dag en kan beslis nog.

Die enigste vereiste om deel te wees: Almal in die groep moet deelneem, maw iets vir die 'konsert' doen. Sing, klavierspeel of enige ander instrument bespeel.

Ek was bevoorreg om toegelaat te word - die beskywing langs my naam op die program … "gas" hehe Ek het dit vreeslik geniet en hoop om weer genooi te word.

Dankie Milde Weiss vir die uitnodiging en wonderlike gasvryheid van die Troubadours!

As jy wil he ek moet by jou geleentheid kom sing kontak my gerus.
Talita en Milde by the Troubadours se Musiekoggend.
Daar is ek op die program:)

Wednesday, 29 July 2015

Misa Criolla

music
In October of 2014 I had the wonderful opportunity to perform the well known Misa Criolla (Ariel Ramírez) with the City of Tygerberg choir and their conductor and my beloved friend, Linda Claassen.

I have been rehearsing with Barend on this for a while, words words words, difficult rhythms and working the lower range. The work was originally written for tenor with the famous Plácido Domingo and José Carreras both recording his work. But the lady who brought the house down with her octave lower version was Mercedes Sousa. Needless to say I had big vocals to fill.

By the time we had final rehearsals with the band the excitement was tangible! Plus I would be sharing the stage with my vocal coach, Barend van der Westhuizen.

Butterflies in the stomach and getting "mic'ed" behind stage, the moment finally arrived!

And wow what an experience!

The band was amazing and James Grace was well … James Grace and by the time the last note died the crowd was cheering!

Thank you for the wonderful experience. I hope we can do it again!

Did the whole dress up thing!
Tygerberg Stadskoor olv Linda Claassen/ City of Tygerberg Choir with Linda Claassen