Life blog posts


Friday, 3 June 2016

Die Gees help jou

life
Die Gees help jou

Friday, 3 June 2016

The Spirit helping you

life
The Spirit helping you

Thursday, 18 February 2016

Vir vandag, vir môre, vir altyd

life
Vir vandag vir more vir altyd

Friday, 5 February 2016

5 Ways to ace Working from Home

life
I recently started working from home for the first time in my life. Coming from a large corporate company background I had to go through quite a bit of trial and error to get this just right. I share with you what I've learned.

1. Get dressed!

Yes laugh, but it is vital. Get up, wash your face and brush your teeth and get dressed. No need for your Sunday best, just put on clothes that you can open the door in. If I tell my friends I work from home now, one of them inevitably make the joke about doing Skype calls in your pajamas:) Put yourself in the work-frame-of-mind. Get dressed.

2. Close the door

Initially I worked from the biggest space I had in my home and that is my dining room table. It's easy because you have space, but soon you've gotten up to put the washing in the machine or get coffee in the kitchen or whatever else! Everything seems to pull you attention away from what you are supposed to be doing. Set up your study or workplace in a separate room or corner of a room that is not occupied by other people during the day. Preferably this space should have a door that can close. You will find that you feel like you are in your office and ready to work.

3. The right set up

That being said, you need the space around you to be set up optimally for the work you will be doing. I'm talking desk, chair, desk lamp, water cooler, printer, scanner, internet access! In South Africa it is not so easy getting your landline installed:). More tips about that in a next post!
I found myself rearranging the contents of my desk drawer 3 times before I was satisfied. Maybe you like to be able to look outside, so choose a spot with a window and maybe your trustworthy 3G dongle will not cut it anymore and an ADSL line is a better way to go. Look at what you will need and install it, set it up. A nice tip here is to start a Pinterest board with ideas for different home offices to get ideas. The look is just as important as the functionality! See my Working from Home Pinterest board here.

4. Regular breaks

Sounds like a cliché but it is true! Get up regularly from your desk and move. Especially if the closed door and the right set up has you so focused that you forget to get up or eat. Set a reminder on your phone to get up and move or be fancy with something like the Apple Watch! It has this goal called a STAND goal. Every 50 minutes the watch buzz to remind you to get up and move actively for 1 minute and repeat for 12 hours in a day to achieve your Stand goal. If you are with Discovery Vitality you can get the Apple watch for free on a 24 month contract. The catch? You have to meet your exercise goals for the month. A step in the right direction not just for acing working from home, but for health in general! Read more about it here Discovery Apple Watch.

5. Quiet time tip

As a Christian I needed to find the right time and space for my quiet time in the mornings. Since working from home I moved my books (bible, prayer journal etc.) to my study, because of the brilliant set up:) But I found that the moment I sat down at my desk I kept on looking at my Mac and my phone. Not really becoming quiet in the Lord's presence. My tip is to move the quiet-time-space to a different place in the house. I've moved it back to my room and doing this first thing after getting up and coffee, thus starting my day in God's presence setting the tone for the rest of the day. You might have a wonderful spot in the garden or a lovely sunlight window looking out on your garden. Find a special space, different from your working place for your quiet time.


And that is how you ACE working from home! If you have any questions on these tips feel free to send me an email on hello@talitaolivier.com.

Wednesday, 6 January 2016

Sing!

life, music
Hoe besonders is dit nie dat 'om te sing' of 'om na musiek te luister' altyd met lofprysing en aanbidding saamgaan nie?

Orals in die Psalms word daar gesê: “Sing tot eer van die Here; Sing lofgesange en prysliedere; Uit dankbaarheid dank ek Hom met my lied; Die Naam van die Here wil ek besing!“
Dit is asof sang en musiek 'n kernkomponent van geloof vorm - maak en waardeer musiek of jy kan sing of nie!

Ek dink dit is omdat musiek 'n mens op 'n emosionele vlak aanraak, jou help om te sê wat jy nie andersins in woorde kan omskryf nie. Vir eeue lank gebruik die mens musiek om sy 'ware self' aan ander te kommunikeer.
God wil hê ons moet hierdie metode van sang en musiek gebruik om ook ons dankbaarheid en eer aan Hom te bring. Hy sê as'tware “… wys My hoe dankbaar jy is … laat ek hoor hoe lief jy My het … Sing! Ten spyte van seer en bekommernis en onregverdigheid, sing tot My eer! SING! “

Ps 28:7 "My hart is vol vreugde, daarom dank ek Hom met my lied."

Die ou slagspreuk lui dat waarvan die hart vol is, loop die mond van oor:) Liedere, musiek en sang bring hierdie vreugde in Christus tot op 'n heeltemal nuwe vlak. Ek dink dis hoekom ek so lief is vir groepsang, want dan ervaar ek nie net die vreugde op my eie nie, ek deel dit met ander. Is dit nie wat Christus bedoel het toe Hy die kerk 'n Liggaam genoem het nie? Beweeg, eet, drink, werk en sing saam… SAAM.

Mag jou vol vreugdeshart in 2016 op baie plekke en maniere oorloop in 'n harmonie van klank tot Sy eer!
Oliviers Kersfees 2015
Oliviers Kersfees 2015

Friday, 4 December 2015

Ek mis jou

life
Daar is 'n CD op my rak wat nog in plastiek is. "The CORRS". Ironies want dis 'n groep wat uit 'n broer en susters bestaan. Dit was die laaste Kersfeesgeskenk van jou af. Ek het dit nog nooit oopgemaak en geluister nie. Nie dat "The CORRS" se musiek my aan jou herinner nie; net die onoopgemaakte geskenk. Iets van jou aan net my , wat spesiaal bly.

14 jaar gelede … 'n mens kan regtig nie glo dat dit reeds soveel jare terug is nie.

Ek wonder gereeld hoe jy nou sou wees. Watter beroep jy sou beoefen, watter musiek jy sou maak, watter raad jy my sou gee. Hoe gek jy oor Boeta se kinders sou wees en hulle in die afgrond in bederf. Hoe trots ma en pa op jou sou wees. Watter vrou aan jou sy sou wees. Jou lewe, hoe dit sou lyk.

Ps 124 begin met " As die Here nie aan ons kant was nie …" Wat dan? En dan vers 8 "Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het".

Ek mis jou. Meer as wat woorde kan beskryf. Maar God dank, ek kyk vorentoe na wanneer ek jou weer sien en die gemis raak 'n klein bietjie meer draaglik.

Thursday, 19 November 2015

Bou jou skuiling by Hom

life
Moes jy al ooit jou eie skuiling in die natuur bou? Dalk was jy op 'n avontuurnaweek of was jy, soos ek, 'n Voortrekker?
Ek onthou hoe ons dogterspan in die Voortrekkers nie altyd so goed was met die skuiling bou ding nie. Die seuns moes hulle maar altyd oor ons ontferm:)

Op SALVKOL in George (Suid-Afrikaanse Vroue Leerkollege) het ons nie baie skuilings gebou nie, maar daar was baie nagte wat ek in 'n massiewe tent net 'n sitplekkie kon kry en moes regop sit en slaap sodat almal bietjie skuiling teen die reën en wind kon kry - skouer aan skouer met my mede soldoedies.

As gelowiges het almal van ons 'n spesifieke plek waar ons stilword by die Here, ek bedoel 'n fisiese plek - iewers in die huis wat jou "stilplek" is, waar gades en kinders weet hulle kom nie pla tot jy klaar is nie. Maar dan is die fisiese skuilplek ook vir my die fisiese goed wat jy doen om stil te word - jou 'tricks', jou eie proses van by die Here stilword. Dalk gebruik jy 'n gebedsjoernaal, 'n boksie met kaartjies van CUM met Psalms op om jou te help met lofprysing of 'n spesiale dagstukkie boek of jou kerk se leesrooster. Al hierdie dinge laat jou skuilplek vorm aanneem.

Dit help egter nie jy het 'n fisiese plek en jou geestelike skuilplek is nie ook reg ingerig nie. Vir my is die geestelike skuilplek die Woord. Vir my is dit die fondasie, mure en die dak!

Psalm 34:9 (1983) "Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil."

Met elke stilword vra ek vir God om die Woord wat ek lees in my hart en gedagtes te laat posvat, saad te laat skiet. Ek vra die Here om die verstaan van sy Woord binne my te laat groei tot dit 'n boom van kennis raak wat vir my en ander tot seën is. Ek vra die Heilige Gees om insig te gee, sodat hierdie skuilplek, skadu sal bied. 'n Plek waar mense rus kan kom vind. 'n Plek waar hulle weer heel kan word.

As die Woord die skuiling is, is Sondebelydenis die deur wat my toelaat tot die skuiling. Skoongewas deur Jesus wat Sy lewe vir my gee en elke keer vir my pleit by die Vader, neem ek my vergifnis aan en trek dit soos skoon klere aan, reg om my skuiling te betree. Ek loop kop omhoog daagliks die nuwe dag tegemoet in die wete dat ek in sy genade en seën in my skuiling veilig en rustig kan leef.

Binne my skuiling, wat die Woord is, is daar 'n atmosfeer van fokus en vreugde, dis hier waar Lofprysing en Aanbidding tot Hom, die skuiling 'n feestelike hoopvolle tuiste maak. Wetend dat Hy altyd oor my waak.

Psalm 34:16 (NLV) "Die Here waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp."

En so bou ons aan ons skuiling elke dag tot eer van Sy Naam en Sy Koninkryk.

Bou jou skuiling by Hom!

Friday, 30 October 2015

Fantasie girl

life
Ek love 'fantasy' in alle vorme - flieks, boeke - maak nie saak nie. Ek is ook die enigste girl in die vriendekring wat Star Trek en Star Wars saam met die manne kyk. Alhoewel ek hierdie een vriendin het wat 'n uitsondering saam met my is en ek my beste vriendin al van Lord of the Rings geleer het!

Ek dink ek en my broers het ons liefde vir stories van my pa af gekry. Ek onthou van kleins af hoe ek en pa "ons fliek" kyk - "Raiders of the Lost Ark" en hoe hy by die meer 'gory' scenes sy hand voor my oë hou. Vir jare lank het ek daardie 'scenes' net in klankvorm geken:) Toe ek ouer word, kon ek uiteindelik een dag saam met hom die hele ding van begin tot einde kyk! Tot vandag toe is dit een van die dinge wat ons deel.

Ek dink baie keer mense sien fantasie as "jy fantaseer jou hele lewe om", maar ek het 'n ander opinie hieroor.

Daar is 3 aspekte van 'n goeie fliek vir my - die plot/storie, die karakters en die musiek! Met fantasie is daar nog 'n 4de en dis die cinematography en natuurlik 'CGI' of "computer generated imagery". Al hierdie dinge help om die storie te vertel. Ek is baie lief vir musiek, maar my gunsteling aspek van fantasiestories is die karakters. Dit is meeste van die kere 'n baie alledaagse karakterverandering waardeur die mense in hierdie stories gaan. Die geveg tussen goed en kwaad (die goeie ou "good vs evil"); hoe kinders jou lewe verander of hoe vriendskappe jou kan dra of breek; hoe die dood van 'n geliefde altyd by jou bly; hoe jy nie moet opgee nie - al hierdie temas kom STERKER in fantasie as in ander genres voor. En dis hoekom dit vir my 'n gunsteling is.

Wanneer ek na 'n sci-fi fliek kyk of boek lees, sien ek die Christus-storie oor en oor raak – in Lord of the Rings, The Matrix, Star Wars en selfs Harry Potter ('n groot gunsteling vir my).

Jesus het self deur middel van stories mense van die 'dag tot dag' van gelowige wees, geleer - van volhard in moeilike tye
"Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word", van liefhê sonder ophou "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word" van eerlikheid en edel wees voor God "Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien". Matt 5: 3 - 12 (1983)

"Alles wat waar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - " Fil 4:8 (1983)

Ek kyk fantasie omdat dit my aan die hoop in Christus herinner – 'n hoop wat op sekerheid gebasseer is. Ek 'fantaseer' nie en 'mis' realiteit nie. Ek kyk na fantasie en herken iets daarin van die SEKER hoop en die toekomsverwagting dat Christus weer kom om ons te kom haal om by Hom te wees. Wanneer ek hierdie stories lees of kyk, leer ek daaruit. Dit help my in die 'dress-rehearsal' van hierdie kant van die lewe. Dit help my vir die ewige lewe saam met Hom voorberei. Dit help my om ander te help om die hoop raak te sien.

Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieel. Nou leer ek nog hoe om lief te hê, hoe om geduldig te wees, om genade te betoon en te vergewe - EK LEER NOG.

Daar is 'n scene in "Lord of the Rings - The Two Towers" waar Sam sy bekende monoloog lewer oor hoekom Frodo nie teen alle verwagting in moet opgee nie … hierdie hoop is wat my altyd na stories, en spesifiek fantasie stories, sal aantrek en aanhou trek.

Sam se monoloog: https://youtu.be/A_u9Hc0Yg1o ("copy en paste" die skakel as jy 'n "Not Found" boodskap kry.)

Handelinge 2:26 (NLV)
"Dis hoekom my hart bly is, en my tong jubel! Ja nog meer: omdat ek hoop het, leef ek rustig."

Wednesday, 21 January 2015

Die Here praat deur jou

1 Samuel 3: 1 - 10

life
V10 "Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: 'Samuel, Samuel!'. Samuel het geantwoord: 'Ja, Here, u dienaar luister'".

Die ou vertaling het gelees: "Spreek Heer want u dienskneg luister". Daar is ook die liedjie "Spreek Heer, spreek Heer want U dienskneg luister; Net U Woord Heer, bring weer lig in duister."

In hierdie gedeelte praat die Here fisies (hard op met 'n stem). Aanvanklik dink Samuel dis Eli wat hom so roep. Maar later besef Eli wat aangaan en wanneer Samuel hoor wat God se is die resultate groot.

Samuel is bang om aanvanklik die Here se boodskap vir Eli te gee, dis immers 'n slegte tyding.

V11 - 14 "Die Here se vir Samuel: 'Ek is op die punt om 'n skokkende ding in Israel te doen. Ek gaan nou al my dreigemente teen Eli en sy gesin uitvoer. Ek het hom voordurend gewaarsku dat Ek sy gesin gaan straf oor die verkeerde dade van sy seuns. Hy het geweet dat hulle hulle skandelik gedra, maar hy het hulle nie bestraf nie. Daarom le Ek 'n eed af dat die sondes van Eli en sy sens nooit deur diereoffers of graanoffers versoen sal word nie."

Maar Samuel is gehoorsaam en vertel vir Eli alles en dan word Samuel geseen om as profeet van God op te tree.
As gelowiges kan ons mekaar help om God se stem te hoor.

Om sensitief te luister na ander gelowiges.
Om hulle te wys op dinge en situasies wat dalk God is wat met hulle praat. Jy hoor dit maar hulle dalk nie.
Om hulle aan te moedig om die Woord te bestudeer en om te kom vertel wat hulle geleer.
Om hulle uit te vra oor wat met hulle gebeur het toe God met hulle gepraat het.
Om hulle te help om dit weer vir ander te vertel.
En om gehoorsaam jou gedagtes van God met ander aan te hou deel.

Mag die Here ons sensitief maak vir Sy teenwoordigheid. Mag die Heilige Gees in ons resoneer, van ons 'afbons', sodat ander Sy teenwoordigheid mag aanvoel en selfs hoor in my woorde.

Dankie vir U teenwoordigheid Here! Dankie dat ek elke dag ervaar hoe U met my praat. Dankie dat U in my woon. Dankie Heilige Gees dat u my leer en lei en beskerm, maar veral dat U my insig gee in U Woord.


Wednesday, 21 January 2015

Luister jy?

1 Sam 3: 8 - 10; 17 - 18

life
V8 - 9 "Die Here roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. 'Hier is ek,' se hy. 'Wat wil u he?' Toe besef Eli dat dit die Here is wat seun geroep het. Daarom se hy vir Samuel: 'Geen le maar en as iemand jou weer roep, se jy 'Ja, Here, u dienaar luister'. Samuel is weer terug na sy bed toe."

Eli help Samuel om te besef, dis God wat met hom praat. Maar eintlik is die Here se bedoeling om Samuel te gebruik om vir Eli 'n boodskap te bring.

Nou dink hiervoor: Is jy bereid en oop om deur 'n ongelowige of enige iemand aangespreek te word? Reggehelp te word? Net dalk is dit God se woorde wat aan jou herhaal word … wat as jy nie daarna luister, of dit ten minste oorweeg nie? Daaroor gaan dink nie?

Joh 1: 43 - 46

In hierdie verhaal loop Filippus vir Jesus raak, letterlik … hy loop by Jesus verby en Jesus roep hom dadelik (v43) "Word my dissipel!". Hierna loop Filippus weer vir Natanael raak (v45) "Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom." Natanael reageer baie skerp amper sarkasties … (v46) "Hoe kan daar uit Nasaret iets goed kom?".

Maar Filippus laat hom nie afsit net omdat Natanael so skerp reageer het nie. Filippus deel dadelik sy wonderlike ontmoeting wat hy met Jesus gehad het. En nooi op sy beurt vir Natanael om self te kom kyk na die "Jesus".
(v46b) 'Kom kyk self,' het Fillippus hom uitgenooi."

Natanael vind later uit dat Jesus wel die Messias is en dit bring Natanael groot vreugde en verlossing (v49)
Samuel en Filippus word God se tussengangers; Hulle praat God se woorde met ander en so word die ANDER en HULLE daardeur geseen. Samuel word 'n betroubare profeet in Israel, daar staan alles wat hy gese het het waar geword (1 Sam 3: 19)

Wanneer jy deur God geseen word omdat jy sy woorde aan ander uitdra, is die seen 'n hoop op die toekoms vir jou en vir ander. Groter as wat jy ooit kon dink. Soos Jesus vir Natanael gese het (v50b) "Jy sal nog groter dinge as dit sien". AMEN!

Gebruik my Here, hier is ek Heer, U kan my stuur.


Thursday, 15 January 2015

Hoor ek U stem?

Ps 29 - Die stem van die Here het mag

life
V3 "Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters."
V4 "Die stem van die Here is magtig. Die stem van die Here is vol majesteit."
V5 "Die stem van die Here breek seders. Die Here versplinter die seders van die Libanon."
V7 "Die stem van die Here tref met weerligstrale."
V9 "Die stem van die Here laat die ooie lam en stroop die bosse kaal. In sy tempel se almal: 'Heerlikheid!'"

Sy stem het mag. Sy stem laat dinge gebeur op land en op water. Selfs so vroeg soos in Genesis lees ons van God wat praat en dan so skep. (Gen 1: 1 - 5) v3 "Toe beveel God: 'Laat daar lig wees!' en dit was so." En in Markus lees ons dat Johannes die Doper nie "werd was om eens af te buk om sy sandale los te maak nie" (Markus 1: 7). Dit beteken dat Jesus die Seun van God, erken word as die 'gesaghebbende een'. Jesus se self in Matteus 28: 18 "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde".

En die Psalm digter Etan sing:
Ps 89: 12 "Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wereld en alle daarin. U het alles gemaak."

Ek het al baie gedink hoe dit moes wees om Jesus se stem te hoor - sy menslike stem nou. Soos toe Hy op aarde geleef het en gesels het met sy dissipels en die mense om Hom. As Hy langs hulle in die sinagoge gesit en sing het! Imgaine jy sing saam met Jesus… wat 'n voorreg.
Maar ek kan vandag nog 'hoor' wat Sy stem vir my wil se. Mense het baie keer vrae hieroor. Hoe hoor mens God se stem, vandag? Hoe kry ek die voordeel van sy gesaghebbende kragtige stem vandag nog?

Vir my: ek hoor ek dit die meeste deur Sy Woord, deur die woorde van die Bybel, skrifgedeeltes, verse, verhale uit die Woord. Maar somtyds praat die Here met my deur ander gelowiges se woorde aan my ook - woorde wat weer aan hulle geopenbaar of insig wat aan hulle gegee is.
:) Maar veral deur Sy Woord te lees en te sing en te skryf.

Baie keer sal gedagtes by my opkom … nie net altyd tydens my stiltetyd nie, maar baie keer en as ek bewus is hoor ek Sy woorde deur my eie gedagtes.

Ander kere bevestig 'n 'song' die Woord of die Skrif. Soms kom dit in 'n fliek! Soms kom die woorde wat iemand vir my gese het weer by my op en ek dink, 'Ja Here ek hoor U'.

Ek se baie keer vir mense dat ons moet onthou die Gees van God leef binne ons. Ons gedagtes is vol van God se woorde en indrukke en insig wat die Gees nie kan wag om vir ons geskenk te gee nie. Wanneer ons vra vir seen en bewus raak van die Gees binne ons, dis dan wat Hy in oorvloed hierdie gedagtes en insigte aan ons openbaar. Daarom kan jy jouself, jou eie gedagte 'trust'. Net soos jy weet dat jy verlos en gered is, so kan jy weet dat die gedagtes wat soms by jou opkom van God af is!

Dit is natuurlik ook die rede hoekom Paulus waarsku en raad gee deur in Ef 4: 23 te se "Julle moet op 'n nuwe, geestelike manier leer dink". En in Kolossense 3:2 "Rig julle gedagtes op dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie." Maw dink Jesus, dink sy voorbeeld, praat sy voorbeeld, doen sy voorbeeld, want dan doen jy die dinge van die hemel (daar bo).
Want ouma het altyd hierdie vers gequote "Wat die hart (maw die gedagtes) van vol is loop die mond van oor" (Luk 6:45)

PRYS U NAAM, U PRAAT MET MY OOK! Hoe geseend is ons nie! Dankie Jesus, dankie Heilige Gees, dankie my Vader.